Jy is geliefd!

Ken God se liefde vir jou

By Grantley Morris

        Wanneer dit kom om God se onmeetlike liefde te beskryf, erken selfs die Bybel verydeling. God se liefde vir jou strek veel verder as die grense van menslike begrip. Tog kan jy persoonlike insig deur 'n geestlike wonderwerk van die onbegryplike ontvang.

      (Hierdie blad is ook in Engels (English), Spanish, Portuguese, Danish, Swedish, Serbian beskikbaar)

Net-burst.Net

Ek kan maklik in die atoomhoudende, aarde wentelende, heelal onderhoudende Bron, die Bron van elke wonderlike ding, glo. Selfs die duiwel glo dat God magtig is!

Wat die moeilikste vir my is, is om te glo dat die spesiale liefde wat God vir my het, Hom daarna verlang om dié krag om my onthalwe te gebruik.

Min van ons betwyfel dit dat God verstommende dinge kan doen. Die swak skakel in ons geloof is om te glo dat Hy verstommende dinge sal doen vir gewone onbelangrike, ek en jy! Ons vermoed dat ons nie spesiaal genoeg in die Almagtige se oë is om enige van hierdie aandag te verdien nie. O ja, God 'is lief vir almal' maar ons het hierdie idee dat, teen die tyd wat die liefde by ons uitkom dit maar al bra yl is. Ek is maar een uit 'n miljoen mense. Waarom sou God sy alomteenwoordigheid op my wou fokus?

As ons net die ontsaglike liefde van God vir ons gretig kon vasgryp! Dan sou ons geloof die hoogtes inskiet. Bid vir 'n openbaring. (Efesiërs 3:17-19 lig die belangrikheid van só 'n gebed uit. 'Ek bid dat Hy . . . aan julle die krag sal gee . . . te begryp hoe wyd en ver en groot en diep, die liefde van Christus strek . . . julle sy liefde sal ken liefde wat >ons verstand te bowe gaan . . .')

Om bewus te wees van hoe lief God vir ons is, gly gedurig uit ons bewuste. Dit is gedeeltelik sigbaar vir 'n paar dae, maar daarna begin dit maar weer verflou. Die volgende voorbeelde mag dalk help.

Gestel ons sou God teleurstel, selfs al sou ons dinge hóé opfoeter, stel jouself die trotste pa voor wat die wêreld nog ooit gesien het. Die baba skree, kwyl, bevuil homself, en steeds gloei die pa van trots. Dít is hoe God is.

'n Vrou het vir my 'n e-pos gestuur waarin sy kla dat bostaande paragraaf nie op mense soos sy van toepassing is nie. Sy was nie skuldig aan een of ander vernederende glips nie, soos wat ek in gedagte gehad het nie, maar van 'n landurige morele val. Maar Helen het die verkeerde persoon gekies om by te kla. Ek het haar hele verhaal so volledig geken dat sy nou my bedienings vennoot is. Helen het 'n stryd gehad om werklik te kon oorgee, sy was traag om die verleidelike sonde te laat gaan. Maar ek ken die diepte van die finale oorgawe wat Helen uiteidelik gevind het. Ek ken die liefde, die vernedering en die brutale eerlikheid wat haar dryf om meer en meer aan mense te herken presies hoe onsedelik sy was.Sy roem nie met haar verlede soos so baie verkeerdelik doen nie, maar sy stel haarself genadeloos bloot in haar poging om ander te laat gryp na dieselfde reiniging en vergifnis wat sy gevind het. En is God trots op hierdie Christen wat só hard geval het? Natuurlik!. Trots op haar val? Nee. Trots op hoe sy God se vergifnis aangegryp het.

As jy maar soos 'n klein spikkeljie in die massa voel, sien die skaapwagter van 'n honderd skape wat rasend opsoek is na een. As hy persoonlik besorg kan wees oor een, kan die alomteenwoordige Skaapwagter van ons siele vir almal lief wees en steeds verknog wees aan jou. In die pragtige woord van Jesaja, 'Soos 'n bruidegom bly is oor sy bruid so sal jou God oor jou bly wees.' (Jesaja 62:5).

Wanneer jy voel dat jy niks kan reg doen nie, stel jouself 'n kind voor, verfkwas in die hand, glansend van opgewondenheid. Haar hand omvou met die sagte hand van die wêreld se grootste kunstenaar. 'En wat sal ons in hierdie hoekie sit?' vra die man, terwyl sy vermoëns en die dogtertjie se verbeelding as een saamsmelt. Sien die kunsternaar se glimlag en die kind se vreugde terwyl hulle saam 'n pragstuk skep. Onder God se leidende hand, is jou moontlikhede verstommend.

Dit maak nie saak hoe jy voel nie, jy is die fokus van God se aandag; versot op jou asof jy die enigste vriend is wat God het. Net soos 'n man ooit sy bruid wou oorlaai met liefde, of sy seun met geskenke, net so verlang God om sy oordadigheid oor jou uit te stort. Verwag groot dinge van God. Enigiets minder is 'n belediging vir jou Almagtige verlosser. Met jou Here is onmoontlikhede kinderspeletjies.

Laat geloof opskiet deur die feit aan te gryp dat die Almagtige Here kragtig genoeg is om jou te gebruik - elke onvermoë van jou ophef - en liefdevol genoeg om dit te wil doen. Alles wat God aanraak is bestem vir glorie. Selfs nou is jy God se 'filthy rags to heavenly riches' sukses story.

Benodig ek 'n swerm engele op my dak, of 'n betaalde kaartjie hemel toe en terug voordat ek sal aanvaar dat God dink dat ek belangrik is vir Hom? Christus se gestorte bloed bewys God se eed van totale verbintenis aan my. Moet ek nou 'n uitspraak maak dat die lyding ongenoegsaam was en ekstra bewys vereis? Moet God 'n straal van geestelike elektrisiteit deur my stuur voordat ek sal glo dat hy my wil seën?

Deur sy genade het God aan my 'n paar spesiale versekerings van sy liefde gestuur, net soos hy alreeds vir duisende gedoen het, maar om so op hierdie moontlikheid te konsentreer, en om dan nie te glo buiten wanneer hy dit doen nie, is die toppunt van astrantheid.

Gestel elke nie-Christen op hierdie planeet sou ongelooflike (alhoewel valse), geestelike ondervindings beleef, en elke Christen ontvang elke dag Goddelike besoeke, en ek die enigste persoon op aarde beleef niks, kon dit steeds nie die oneindigheid van God se gehegtheid aan my verdof nie. As God in Sy Alwysheid besluit om my af te sny van sulke belewenisse af om daardeur my geloof sterker te maak - daardie essensiële bestanddeel van geestelike lewe, meer waardevol as die wêreld se skatte, - is maar 'n ander demonstrasie van Sy liefde.

Geloof in die onveranderlike karakter van God is die enigste rots waarop 'n persoon se geestelike lewe gegrond kan wees. Ons het nie nodig dat God vir ons in die lug moet skryf nie, want Hy het het reeds 'n boek geskryf. En Jesus het onderrig dat mense wat nie kan glo wat in die Bybel geskryf staan nie, sal nie eers glo al sou hulle 'n wonderwerk beleef van iemand wat hulle geken het wat uit die dood terugkeer en met hulle sou praat nie (Lukas 16:27-31).

Ek durf nie my soeke na 'n dieper geestelike ervaring verslap nie. Ek sal enige manifestasie van die Gees van God in my lewe verwelkom, en nie 'n verwaande houding inneem dat ek dit nie nodig het nie, maar as God besluit om nie sulke genademiddele te gebruik om my geestelike lewe te steun nie, bewys dit bloot net die diepte van sy vertroue in my. Dit is duidelik dat Hy glo dat ek die volharding het om te kan deurdruk met rou geloof.

Ons lewens het nie skouspelagtige bevestiging nodig nie, maar skouspelagtige verbintenis.

Wat meer kan die Een wat vir jou gesterf het doen om sy liefde te bewys? Laat ons nie die Heilige belaster deur ons te verbeel dat Sy oneindige liefde so onbestendig is dat dit verander in ooreenstemming met 'n persoon se fisiese aantreklikheid, populariteit, of talent nie.

Wanneer ons eet, 'n kind vir ons glimlag, of as ons skuiling vind teen die skroeiende son, of die bytende koue, beleef ons God se voorsiening. Ons ontvang letterlik elke dag miljoene liefdesgeskenke van God, en tog kan ons harde harte en verstompte verstand skaars oorloop van sprakeloosheid deur elke uitdrukking van God se persoonlike liefde vir ons. As ons net ons oë kon oopmaak en begin om elke dag net 'n paar van God se tallose liefdesgeskenke aan ons, ons genot vir lewe en bewustheid van hoe spesiaal ons vir God is sou hemelwaarts opskiet, in die wolke inbars binne in eindelose sonskyn in.

Gestel 'n man gee vir sy geliefde 'n pragtige verloofring. Sy is so in ekstase, dat sy kwalik haar genot en dankbaarheid en liefde kan beteuel vir die man wat sy gehegdheid op so 'n romantiese manier uitdruk. Later is die man baie ryk. Hy onthou hoeveel hierdie geskenk vir sy liefling beteken het, en besluit om vir haar vyftig, met sorg uitgesoekte ringe, vir die res van haar lewe te gee. Elke dag se geskenk van ringe sal kort voor lank al hoe minder en minder vir haar beteken. Soos wat die tyd verby gaan, kan sy by haar hoop van daaglikse ringe verbystap en wonder of haar man regtig lief is vir haar.

Dit is wat met ons gebeur het. Ons Here was so oordadig in sy betoning van liefde vir ons dat ons afgestomp geraak het vir die ware betekenis van die geskenke wat hy ons mee oorlaai.

Wanneer jy knus in die bed inkruip, 'n voëljie hoor tjirp, 'n wollerige wolk sien, verwonder jy jou oor God se liefdesgeskenke vir jou? Wanneer, soos die mees betroubare kneg, jou wekker jou presies op die regte tyd wakker maak, wanneer jy 'n lig aanskakel wat enigeen wat nie relatief onlangs gebore is nie, in verwondering sou laat, en wanneer jy in 'n klein spieëljie kyk, waarvoor koning Salomo 'n fortuin sou betaal om te kon besit, mis jou hart 'n slag as jy sien tot watter uiterstes God gaan om vir jou te sê: 'Ek is lief vir jou'? Of is jy ook soos die mees bedorwe kind dat jy net kla oor hoe baie jou broers en susters kry?

Deur jou te laat voel dat God liewer vir ander Christene is as vir jou, lyk dit asof Satan jou selfbeel aanval, maar hy is nie. Hy val wel die integriteit van God aan. Hy sis dat God se liefde so onvoldoende is dat dit net die mense wat sekere kwaliteite het wat God kan liefhê, of teenoor wie hy minsaam kan wees. Dit is 'n leuen! God se liefde teenoor jou is perfek! God is vir jou. Hy moedig jou aan. Hy is aan jou kant!

In hierdie wêreld is sukses gewoonlik relatief. Hoe nader die familielid, hoe hoër gaan jy op. Moenie die sisteem afkam nie: onthou wie jy Vader noem.

Christen jy is die fokus van goddelike liefde, gevul met die majesteit van God, geestelik bekroon met Christus in sy hemelse paleis; die hoogste vlak van toegang tot die grootste Persoon, en die heiligste plek gegun. Jy is die werk van Goddelike hande, perfek gemaak in Jesus Christus. En bewaar binne-in jou wese woon die oneindige krag van die soewereine Here.

Top model Claudia Schaeffer was genomineer as die mooiste vrou in die wêreld. Tog as tiener, het sy tot die slotsom gekom dat sy nie populêr by die skool is nie omdat sy nie mooi was nie. Ons maak dieselfde fout deur aan te neem dat as ons nie populêr is by mense nie, ons 'n tekort het aan wat nodig is om dit op 'n groot manier met God te maak.

Niks kan verder van die waarheid af wees nie.

In my vrees dat ek iets van die betekenis van die oorspronklike Engelse stuk deur vertaling verlore kon laat gaan het, wil ek jou aanmoedig om die stuk in sy oorspronklike Engels ook te lees, by die volgende webblad: You are loved!

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

 

 

 

Net-burst.Net

Skrifgedeeltes aangehaal uit 1983 vertaling


Geniet God se liefde

Jy is vir God spesiaal Redes waarom God niemand bo jou verkies nie

Jy Kan Liefde Vind: Wat Jou Fantasië Ontbloot

Geniet Die Wil Van God Vir Jou

God as Mother and the Dadda you always needed Feminine aspects of God and touching insights into his love

God's Tender Love Heart-warming insights into the love of God


Ander temas

INDEKS - AFRIKAANS



Mag nie verkoop word nie. © Copyright, 1985-86, 2002 Grantley Morris. Mag nie gefotostateer word as gedeelte of as geheel sonder dat hierdie totale paragraaf daarby ingesluit is nie



Verlang jy gebed?

Wil jy graag aan die outeur 'n e-pos stuur? (Slegs Engels)

Hier is jou kans!

[E-mail] Click the icon, or E-mail by the method of your choice: loved@net-burst.net

E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Engels of Afrikaans)


[Much More!] [E-Mail Me!] [Bless & Be Blessed by Facebook] [Daily Quotes] [My Shame]