Pat Johnson het aan my 'n e-pos gestuur waarin hy my kritiseer oor wat hy sien
as 'n ernstige vergissing in 'n voorlopige weergawe van my webblad.
Hy skryf:
As Professor in Geskiedenis by 'n Junior Kollege daag ek my klasse uit om
kommentaar op die volgende stelling te lewer:
Bykans al die studente steek ineemstemmend hul hande op. Ek vereis dan dat hulle dooies moet voorsien as bewys. Gewoonlik noem hulle dan die Kruistogte en een of ander godsdiens oorloë waarvan hulle kon gehoor het, maar in geen van hulle voorbeelde kan hulle met 'n miljoen sterftes vorendag kom nie. Sommige onderwysers het gewoonlik geleer dat die Dertig Jaar oorlog in Duitsland geëindig het in 8 miljoen sterftes, maar moderne onderwys het bewys dat dit eerder tweehonderdduisend was, en dat die Duitse populasie in werklikheid gedurende hierdie tydperk van oorlog gegroei het. Ek wys dan uit dat hoe die meeste wat as gevolg van 'n oorlog gesterf het, gedurende die twintigste eeu gesterf het, en dat die meeste van die sterftes in die naam van ideologie plaasgevind het. Ek vra dan wie die 'slegste' van almal was. Die meeste raai dan dat dit Hitler was. Ek vertel hulle dan dat Hitler #3 op die skaal is. Sommiges raai Stalin en ek lig hulle in dat meeste geskiedkundiges hom op #2 plaas met 20 miljoen sterftes. Bykans niemand kry #1 nie wat natuurlik Mao is wat begin het met 'n geskatte 40 miljoen. Ek wys hulle dan daarop dat die top 2 kommuniste was en Hitler 'n radikale teenstander van die Sosiale Darwinisme. Al hierdie ideologië het ateïstiese sisteme as basis.